- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Ichthus is die Griekse woord vir vis, maar dit is ook ’n kragtige akroniem wat die kern van die evangelie bevat. ICHTHUS: “Jesus Christus, God se Seun, is die Verlosser.” Die vissimbool dateer uit die eerste eeu toe Christene in die Romeinse Ryk vervolg is en hul geloof in die geheim moes uitleef. In hierdie tyd het die vis ’n kragtige simbool van die ondergrondse, vervolgde kerk geword. Christene kon hierdeur met mekaar identifiseer en kommunikeer sonder om ongewenste aandag te trek. I – Ἰησοûς Iesous Jesus X – Χριστóς Christos Christus Θ – Θεοû Theou God Y – ‘Υióς Huios Seun Σ – Σωτήρ Soter Verlosser



Resensies
Daar is nog geen resensies nie.