Dat jy lees, is minder belangrik as wat jy lees.

Oor die belangrikheid van lees is daar al baie navorsing gedoen en geskryf. Niemand betwyfel die noodsaaklikheid daarvan nie. Dit bou woordeskat en spelling, dit help met konsentrasie, dit ontwikkel begrip en analitiese vermoƫns, dit bevorder skryf- en kommunikasievaardighede, verbeter die leser se algemene kennis, ensovoorts. Hierdie dinge is alles die gevolg van die feit dat ons lees.

ā€œDie pen is magtiger as die swaardā€ is ’n spreekwoord wat die belangrikheid van wat jy lees beklemtoon. Die inhoud van leesstof het ’n groot invloed op dinge soos jou lewens- en wĆŖreldbeskouing, waardes en beginsels. Die opdrag van die Woord is dat gelowiges ā€œin die gees van hulle gemoedā€ vernuwe moet word (vgl. EfĆ©s. 4:23). Die dinge wat op ons denke inspeel, is die dinge wat ons denke en ons uitkyk oor bepaalde sake vorm en beĆÆnvloed.

Dit is dus baie belangrik om goeie keuses te maak ten opsigte van die inhoudelike. Dit geld vir kinders en volwassenes. Maak seker dat die inhoud van kinderliteratuur in Bybelse waarhede ingebed is en dit nie weerspreek of uitdaag nie. Kies inhoud wat die fondamente stewig lê, sodat wanneer kinders later deur meer kontroversiële leesstof uitgedaag word, hulle makliker in staat is om die waarheid van die leuen te onderskei. Dieselfde geld vir volwassenes. Hulle blootstelling aan uiteenlopende standpunte is nog meer. Daarom is dit nodig om voortdurend die vaste fondamente met goeie inhoud te bevestig, sodat ons nie soos golwe heen en weer deur vreemde standpunte rondgeslinger word nie (vgl. Efés. 4:14).

… alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit (Filip. 4:8).

 

Foto Sincerely Media |Ā Unsplash