Jesus Christus is verhoog ā Hy regeer!
Hierdie waarheid verander alles. Dit verander hoe ons skole bedryf word, hoe ons gemeenskappe leef, hoe ons regeer word en hoe ons bid. Jesus Christus se hemelvaart is nie ān vergete fees nie. Dit is die hartklop van die Christelike geloof en die grondslag van ān samelewing wat werklik vry kan wees.
In ons tyd word Hemelvaartdag stil gemaak. Op kalenders, in skole en in die openbare ruimte word die Koningskap van Christus al hoe meer geĆÆgnoreer. Dit is nie neutraliteit nie. Dit is rebellie teen die ware Koning.
Ons sĆŖ: Genoeg!
Die manifes
Lig in Duisternis Uitgewers het ān openbare belydenis aangaande Hemelvaartdag opgestel wat alle Christene, skole, gemeentes, organisasies en owerhede oproep om die hemelvaart van Jesus Christus openlik te erken en prakties te eer.
Die manifes bely:
- dat Christus se hemelvaart die grootste troonsbestyging in die geskiedenis is;
- dat Hemelvaart 'n politieke en openbare gebeurtenis is wat alle gesag uitdaag;
- dat die kerk 'n mandaat het om met moed te preek, te bid en te dien;
- dat menswees waarde het omdat Christus ons menslike natuur saamgeneem het in heerlikheid;
- dat gebed en daaglikse lewe geanker is in die werklikheid van Christus se troon.
Teken die petisie
Ons roep alle Christene op om ān duidelike, openbare standpunt in te neem. Teken die petisie en verklaar saam met gelowiges regoor Suid-Afrika:
Jesus Christus is verhoog. Hy is Here. Aan Hom behoort die heerskappy, die mag en die heerlikheid, nou en vir ewig.
Jou handtekening is meer as ān naam op ān lys. Dit is ān openbare geloofsdaad.
Hoe om betrokke te raak
As individu
Teken die petisie, laai die manifes af, bid op Hemelvaartdag as gesin, woon ān erediens by en deel die boodskap met mense in jou kring.
As gemeente
Vier Hemelvaartdag amptelik, laat jou gemeente die manifes onderteken, preek oor Psalm 110 en Daniƫl 7 en deel die manifes in gemeentelike kommunikasie en op die kerk se webwerf.
As skool
Laai die manifes af en bespreek dit by ān vergadering, stuur dit uit aan ouers en belangstellendes, teken Hemelvaart op die kalender aan en gebruik die manifes as basis vir 'n samekoms of programme.
As organisasie
Bring die manifes onder die aandag van lede, bid saam op Hemelvaartdag en moedig families aan om die dag bewustelik te vier.
Oor Lig in Duisternis Uitgewers
Lig in Duisternis Uitgewers is 'n Reformatoriese uitgewery wat glo dat die Woord van God relevant is vir elke lewensterrein. Hierdie veldtog spruit uit daardie oortuiging: Die hemelvaart van Jesus Christus is nie net 'n teologiese leerstuk nie, maar 'n lewende werklikheid wat die openbare lewe moet vorm.
Besoek ons by www.liginduisternis.co.za
