’n Naam sê baie. Dit sê iets oor jou herkoms en dit weerspieël jou identiteit. Jou naam sê wie jy is. Daarom is familiewapens dikwels ’n gewilde muurversiering in huise met ’n trotse familiegeskiedenis.
Lig in Duisternis Uitgewers se naam is ook nie uit die lug gegryp nie. Dit sê wie ons is, maar dit sê ook waarmee ons besig is. Ons is lig omdat ons verbind is aan Jesus Christus, die lig van die wêreld₁ Terselfdertyd is ons ook geroep om in ’n wêreld vol duisternis, van die lig te getuig₂ deur self lig te wees₃.
Daarom kan ons Lig in Duisternis Uitgewers met vrymoedigheid beskryf as ’n toonaangewende Christelike uitgewery, met ’n gereformeerde grondslag wat op Bybelsgetroue en behoudende Afrikaanse literatuur fokus. Wanneer jy dus ’n boek met Lig in Duisternisse brandende bos embleem van die rak afhaal, kan jy seker wees dat jy ’n boek vashou wat met liefde voorberei is, wat van begin tot einde Skrifgetrou is, waarvan die inhoud betroubaar en die kwaliteit vanselfsprekend is.
’n Wêreld wat lief daarvoor is om die duisternis lig te maak en die lig as duisternis voor te stel₄ het nodig om te hoor van die waaragtige Ligwat in die wêreld gekom het₅ ,sodat diegene wat in die duisternis sit, uit die gevangenis gelei kan word₆.
Teksverwysings:
- Joh. 9:5
- Joh. 1:8
- Mt. 5:18).
- Jes. 5:20
- Joh. 1:9
- Jes. 42:7
Ds. Schalk Strauss
Publikasiehoof
