Ons is ‘n voertuig in sy diens

Ons doelwit is om Lig in Duisternis Uitgewers uit te bou tot dié toonaangewende Christelike uitgewery in Suid-Afrika. Soos wat die Here sy 12 apostels en die 120 Christene wat tydens Pinkster byeen was, gebruik het om die evangelie soos ’n veldbrand oor die wêreld te laat versprei, so gebruik die Here steeds sy kerk. Lig in Duisternis Uitgewers is een van die voertuie in sy diens.

Ons wil onsself vestig as ’n uitgewery wie se produkte mense kan vertrou as behoudend en Skrifgetrou. Ons wil die 17 miljoen mense wat Afrikaans as eerste of tweede taal praat, met hierdie behoudende en Skrifgetroue leesstof bedien. Ons glo ons kan op hierdie manier ’n wesenlike impak op ons samelewing en mense se denkpatrone uitoefen en  ons jongmense begrond sodat hulle in die toekoms nie mense sal wees wat vir niks staan en gevolglik vir alles val nie.

op ons samelewing en mense se denkpatrone uitoefen en  ons jongmense begrond sodat hulle in die toekoms nie mense sal wees wat vir niks staan en gevolglik vir alles val nie.

Ds. Schalk Strauss

Publikasiehoof

Foto: Ben White | Unsplash