Narnia – Prins Kaspian
Die sibbe, Edmund, Peter, Susan en Lucy, bevind hulle weer in Narnia. Iets is egter nie pluis nie. Burgeroorlog is besig om die land te verwoes. Deur CS Lewis.
Narnia – Die perd en sy seun
Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en verlig. Hy vertrek op ’n uitdagende reis na Narnia. Deur CS Lewis.
Narnia – Die leeu, die heks en die klerekas
Die sibbe, Edmund, Peter, Susan en Lucy, beland in die towerwêreld van Narnia. Sal Aslan die ysgreep van die Wit Heks kan verbreek? Deur CS Lewis.
Asterix in Korsika
Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om Praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan.
Asterix en die waarsêer
Asterix is agterdogtig. Is Jowaarlix ’n regte waarsêer of ’n bedrieër?
Asterix by die olimpiese spele
Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf in vir die Olimpiese Spele, maar die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ‘n opkikker.
Asterix en die hoofman se skild
Asterix en Obelix soek na die skild wat Vercingetorix aan die voete van Ceaser neergesit het
Asterix en die legioensoldaat
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op ‘n keer en dwaal rusteloos rond. Hy is verlief op die beeldskone Tierlantyn!
Asterix in Britannië
Britannië is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Sturefax, ‘n kleinneef van Asterix, reis Gallië toe om hulp te vra.
