Vat jou goed en trek Ferreira

Vat jou goed en trek Ferreira
R340

Kort ná die Vrede van Vereeniging val die Ferreira-bende Suid-Afrika vanuit Duits-Suidwes-Afrika binne om dit van Britse heerskappy te bevry. Deur Louis Bothma

In stock (can be backordered)

SKU: VAT01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Terwyl die vlaktes duskant Upington droomverlore in die maanlig gelê het, het ek aan Matt White se woorde gedink: ‘I want to die with my boots on.’ Miskien was dit ook hoe die Ferreira’s wou sterf? Die ink op die Vredesverdrag van Vereeniging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry. Tien dae lank het die ‘Ferreira’s’ die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan. Mense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang ‘n Boer en Rebelspoor – het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. Nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot ‘n dramatiese einde. Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan