Ons is ‘n voertuig in sy diens
Ons doelwit is om Lig in Duisternis Uitgewers uit te bou tot dié toonaangewende Christelike uitgewery in Suid-Afrika. Soos wat die Here sy 12 apostels en die 120 Christene wat tydens Pinkster byeen was, gebruik het om die evangelie soos ’n veldbrand oor die wêreld te laat versprei, so gebruik die Here steeds sy kerk. […]
Jou naam is jy
’n Naam sê baie. Dit sê iets oor jou herkoms en dit weerspieël jou identiteit. Jou naam sê wie jy is. Daarom is familiewapens dikwels ’n gewilde muurversiering in huise met ’n trotse familiegeskiedenis. Lig in Duisternis Uitgewers se naam is ook nie uit die lug gegryp nie. Dit sê wie ons is, maar dit […]
