deur Gerrie Radlof
Die vierde boek in die Buiter-reeks is pas deur Lig in Duisternis Uitgewers vrygestel. Hierdie reeks neem die leser saam op boeiende avonture van die Buiter, ’n man wat ’n merkwaardige dubbele lewe lei. Hy word as ʼn skatryk edelman van die Kaap gereken; oënskynlik ledig en verveeld, of is hy?
“Op ʼn stewige galop is hierdie gemaskerde ruiter enige prinses uit ’n verre, verre land se enigste hoop op redding. In Lokval vir die Buiter droom geen prinses ook skielik meer van ʼn ridder op ʼn wit perd nie, want die Buiter se Rower is pikswart,” verklap Charlotte Möller, subredakteur van Lig in Duisternis Uitgewers. “In die nuutste boek deur Gerrie Radlof, is die Kaap die Goeie Hoop se graaf De Moreaux, alias die Buiter, sy agtervolgers steeds altyd een tree voor om dié keer aan ʼn kroonprins sy kroon terug te besorg.”
In Lank lewe die Buiter, die tweede boek in die Buiter-reeks, reken almal in die Kaap die Buiter is dood, maar skielik verskyn hy weer in sy volle glorie. In Die Buiter en sy bende, die derde boek in die reeks, word die Buiter in die donker strate van Kaapstad gewaar as hy hom by die burgers skaar wat in opstand teen die korrupte goewerneur kom.
As jy wil uitvind of pistole, swaarde, vlamme en kettings die Buiter se einde gaan beteken, skaf jou kopie van Lokval vir die Buiter op Lig in Duisternis se webwerf teen R175 aan, of besoek Amazon indien jy die e-boek verkies.
