Paasfees & Christus se kruisdood

16 April 2024 | Uit die redakteur se pen | 0 comments

Wanneer ons oor die betekenis van Paasfees en Christus se kruisdood nadink, kom ons gewoonlik tot die gevolgtrekking dat die Here Jesus vir ons sondes gesterf het. Ons dink oor die Paasfeesgebeure as iets wat Christus vir ons gedoen het, waarvan ons die voordeel kan geniet, maar wat nie noodwendig enige betrokkenheid van ons vereis nie.

In Romeine 6 herinner die apostel Paulus ons egter dat ons nie Christus se kruisdood bloot van ‘n afstand af kan beskou nie. Hy skryf dat ons, omdat ons deur die geloof aan Jesus Christus verbind is, saam met Hom begrawe is (vgl. v. 4). Sy dood is dus iets wat ons betrek, want jy kan nie sê dat Hy vir jou gesterf het, as jy nie ook saam met Hom gesterf het nie. Net soos Christus se menslike liggaam gesterf en Hy met ‘n verheerlikte liggaam opgestaan het, net so moet ons ou mens met sy sondige geaardheid en geneigdheid saam met Christus aan die kruis vasgespyker word.

Die vraag wat ons onsself tydens Paasfees moet vra, is nie net of ons seker is dat Christus vir ons sondes gesterf het nie, maar of ons saam met Hom die dood ingegaan het.

Is ek bereid om my ou lewe, my lewe van sonde en opstand en vyandskap teen God, volledig op die altaar te plaas sodat dit saam met Hom kan sterf en ek as ‘n nuwe mens kan opstaan?

Deel graag met jou vriende

Waar’s Appelkie die muis?

Appelkie