- Beskrywing
Beskrywing
“Deur die oë van ‘n man is ‘n bundel jagverhale waarin die skrywer se liefde vir jag en die natuur duidelik na vore kom. Uit die rykdom van sy pen trek hy die gordyn voor die herinneringe van gister en eergister se skootklapsensasie weg en gee die leser ‘n kykie in sy pa se dagboek. Jy stap saam met hom op die voetpad na sy seun se hart en kom sê onder die indruk van ‘n veldkind se voorregte. Die verlange na die jagveld, die Afrikabos en sy hartsgeweer is geen gelukskoot nie, maar ‘n leefwyse sedert sy kinderdae. Dit getuig van ‘n ingesteldheid om met ander oë na die koedoebul in die digte bos, die springbok in die geel wintergras en die wêreld rondom hom te kyk. Hierdie publikasie is met soveel finesse en styl geskryf dat dit onmoontlik is om dit neer te sit. Die skrywer se liefde vir Afrikaans word met dieselfde toewyding en vaardigheid aangewend as sy liefde vir en vaardigheid in die jagveld. Juis dit maak hierdie publikasie ‘n belewenis wat nog lank by baie die herinneringe en die drome van die jagter en die opwinding van die jag, lewend sal hou.” – Naas Bredenkamp Kyk gerus na die boekbekendstelling-video. Ds. Schalk Strauss gesels met Pieta Oosthuizen https://youtu.be/EC4qWggX0tA Amazon skakel: https://amzn.to/3QXh7Ae



