Die kinders se held

Die kinders se held
R95

Die verhaal van George Müller wat Christus deur sy welsynswerk onder die weeskinders van Bristol uitgeleef het. Deur Irene Howat.

In stock (can be backordered)

SKU: KIN01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

As jy in 1850 ’n weeskind in Bristol was, was die lewe hard maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Müller se kinderhuise, het die toekoms weer gewink. By Ashley Down is daar waarlik na jou omgesien. Dit was soos om in ’n groot, gelukkige liefdevolle gesin te wees. George Müller was so ’n vriendelike man en Ashley Down was ’n besondere plek om te wees. Maar … toe George Müller jonk was, was hy selfsugtig en niemand kon op hom reken nie. Sou jy iemand vertrou wat nie alleen sy vriende se geld gesteel het nie, maar ook sy ouers s’n? Wat het dan die groot verandering gebring? Het die tyd in die tronk hom daartoe gebring om nie meer te steel nie? Was dit die tragiese dood van sy ma wat gekeer het dat hy weer leuens vertel? Wat is dit wat ’n dief verander het in iemand wat jy kon vertrou met miljoene Rande? Hoe het dit gebeur dat hy sy geboorteland, Duitsland, verlaat het om in Engeland te gaan woon? Vind uit hoe die Here een jong man se lewe merkwaardig verander het van selfsug en inhaligheid, tot dapper en betroubaar; hoe sy hart verlos is van selfgerigtheid. George het die kinders van sy nuwe huis in sy hart opgeneem en die kinders van Bristol het in hom iemand gevind wat sou opkom vir hulle belange. Hulle het hom vertrou en liefgehad. George was die kinders se held.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan