- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
‘Oloff!’ bulder hy, asof hierdie verskynings nou een keer te veel gebeur. ‘Oloff, hóé …’ Skielik buk Oloff laag en storm onder Haak in. Hy tref hom vol met sy swaard en dan skeur ‘n pyn deur Oloff se skouer. Dit vererger toe hy probeer terugdeins en hy besef dat die seerower hom met die skerp staalhaak agter die skouer getref het … Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740’s afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge. – Wordsworth



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.