- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Die Skedel voel sy rug teen die muur. Sy oë flits weerskante toe op soek na ‘n uitspringkans, maar Oloff, wat sy blik nie vir ‘n gedeelte van ‘n sekonde van die ander af laat wyk nie, maak van daardie oomblik gebruik om deur sy teenstander se verdediging te dring en dan is sy swaardpunt roerloos, asof dit deur ‘n magneet daar vasgehou word, teenaan die Skedel se gorrel. Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740’s afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge. – Wordsworth



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.