Kolokwinte en Kapitele

Kolokwinte & Kapitele
R80
R50

’n Hulpmiddel by die lees van die 1933/53-vertaling met inligting oor die uitleg, samestelling, taalgebruik en samehang van die Bybelboeke. Deur BR Torlage.

In stock (can be backordered)

SKU: KOL02
Deel:
  • Beskrywing

Beskrywing

KOLOKWINTE EN KAPITELE bestaan uit inligtingsbrokkies om die 1933/53-vertaling van die Bybel met groter begrip te kan lees. Lesers kry in hierdie boekie bondige inligting om die uitleg, samestelling, taalgebruik en samehang van die Bybelboeke beter te begryp. Dit is nie bedoel om ’n verklarende rol te speel in die lees van die Bybel nie, maar slegs enkele hulpmiddels aan te bied om die teks van die Bybel met begrip te kan lees. Die vernaamste inligting wat gebied word, is: Wat ou/vreemde woorde beteken. Wie die aartsvaders en stamvaders was. Wie die apostels was. Hoe om opskrifte en byskrifte te interpreteer. Hoe om die Here se Naam te verstaan. Hoe die konings van Israel mekaar opgevolg het. Hoe die optrede van profete met die konings se regeertydperke verband gehou het. Hopelik sal lesers gestimuleer word om hulle eie bestudering van die Bybel te laat verdiep deur van betroubare naslaanbronne gebruik te maak.