God met ons op pad – Bybelstudie uit Exodus 1-20

God met ons op pad - Bybelstudie uit Exodus 1-20
R80
R50

In stock (can be backordered)

SKU: GOD05
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (1)

Beskrywing

Menige skryer het die lewe al as ‘n reis bestempel. Die Lewe is “op pad wees” … Die volk Israel was slawe in Egipteland en die Here het hulle uitgelei op pad na die beloofde land. Kom verken opnuut hoe Hy met hulle op pad was en vir hulle gesorg het. DiĆ© Bybelstudie is bedoel om ons op die lewensreis te help. Bybelstudie is ‘n heerlike ontdekkingsreis. Geniet dit ook, net soos die lewensreis. En onthou – God is met ons op pad!

1 review for God met ons op pad – Bybelstudie uit Exodus 1-20

5,0 Rating
1-1 of 1 review
  1. Hierdie toeganklike Bybelstudiehandleiding is in twintig hoofstukke verdeel, min of meer volgens Ex. 1 – 20. Elke hoofstuk bevat agtergrond, inligting, verduideliking en vrae oor die skrifgedeelte. Die vrae sluit baie kruisverwysings in sodat Skrif met Skrif verklaar word. Die vrae lei ook die leser om in te sien hoe dit wat in Exodus gebeur, in die Nuwe Testament vervul word, en om dit deur te trek na die persoonlike geloofslewe, die gemeente en die land.

    Deurgaans word beklemtoon dat God met ons – soos met die Israeliete – op pad is.

    In die tweede deel van die handleiding is daar voorgestelde antwoorde op die vrae, sowel as riglyne vir verdere bespreking.

    God met ons op pad is saamgestel uit die besprekings van die Bybelstudiegroepe van die AP Kerk Hartbeespoort en AP Kerk Middelburg onder leiding van prof Danny en kan met groot vrug deur ’n individu, ’n gesin of ’n Bybelstudiegroep gebruik word.

    Micky Badenhorst

    2 September 2018

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan