Dis al deur Jan F.E. Celliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ‘n voël draai bowe in eensame vlug –
dis al

Dis ‘n balling gekom
oor die oseaan,
dis ‘n graf in die gras,
dis ‘n vallende traan –
dis al