- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Hierdie preekbundel uit die pen van dr. EM Viljoen, bestaan uit twee dele. Bundel 1 bestaan uit ’n preekreeks uit die boek Hábakuk waarin die leser die profeet se pad van angs tot ekstase deur sy volgehoue worsteling met God ervaar. Die tweede deel van die eerste bundel getiteld Onvervreembare Blydskap, is ’n besinning oor die tien verskynings van die opgestane Jesus in die veertig dae tussen Paassondag en Hemelvaart. Die tweede bundel, God en ons vyeblare, is ’n preekreeks wat handel oor Génesis 3, wat die worteloorsaak van al ons sonde beskryf. Christenwees is soldaatwees. Nie in die denkbeeldige sin van die woord nie, maar in die werklike en veeleisendste sin van die woord. Wie dit nie besef nie, verstaan van Christenskap bloedweinig en gaan een of ander tyd aaklig ontnugter word.



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.