Rigting: Woord of Tydsgees deur prof. Hendrik van der Wateren

Lig in Duisternis Uitgewers is opgewonde om prof. Hendrik van der Wateren, gerespekteerde akademikus en skrywer, se nuutste boek, Rigting: Woord of Tydsgees, bekend te stel.

In hierdie boek word daar diepgaande na die moderne lewe se kompleksiteite en uitdagings gekyk. Rigting: Woord of Tydsgees poog om rigting aan denke te gee te midde van die warboel waarin ons tans leef. Die skrywer ontleed die rigtertyd en daaruit vloei beginselriglyne vir ons huidige samelewing. “Verstaan ons die rigtertyd, verstaan ons ons huidige lewe,” aldus prof. Van der Wateren.

Die rigtertyd is brandend aktueel en verhelderend vir ons huidige lewe. “Dit bied beginselriglyne wat ons vandag kan toepas,” meen prof. Van der Wateren verder. Hy wys op die aktuele aard van die rigtertyd wat praktiese lewenskwessies en godsdiensbelewing aanspreek.

Die boek bied ‘n unieke blik op die spanning tussen geloofsgehoorsaamheid aan die Woord en die denke in die moderne tydsgees.

Rigting: Woord of Tydsgees is nuut op Lig in Duisternis Uitgewers se rakke en ook beskikbaar op Amazon.

Lig in Duisternis Uitgewers nooi jou uit om deel te wees van die virtuele boekbekendstelling op 16 Februarie om 12:00 wanneer ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof by Lig in Duisternis Uitgewers, en prof. Van der Wateren oor sy boek gesels.

Uitgereik deur: Lig in Duisternis Uitgewers
24 Januarie 2024

Medianavrae:

Ds. Schalk Strauss
Publikasiehoof: Lig in Duisternis Uitgewers
012 362 1390

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ’n ruim finansiële bydrae van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.