Uile van Kranskop
Die bende bekend as Die Uile word gestig. Saam pak hulle vele avonture aan, vang diewe en laat boelies les opsê. Deur Cor Dirks.
‘n Knippie wysheid
’n Oupa se raad aan sy kleinkinders. Hy put uit sy eie lewenservaring en verhouding met die Here vir lewenswysheid wat tydloos is. Deur Izak Brink.
‘n Hart vir verlorenes
Die verhaal van die Amerikaanse sendeling, David Brainerd. Hy was bekend vir sy verkondiging van die evangelie aan die Indiane. Deur Brian H Cosby.
Die Uile vlieg weer
Die Uile vlieg weer handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Deur Cor Dirks.
Die Uile in Mosambiek
Die Uile se Mosambiekvakansie raak gou ’n avontuur. Die eiland waarop die Uile vakansie hou, is die bestemming van ’n geheimsinnige kraart. Deur Cor Dirks.
Die Uile in die gimnasium
Die Uile is nou in die weermag, maar hulle avontuurlus is nog dieselfde. Sal hulle hierdie nuwe uitdaging oorleef? Deur Cor Dirks.
Die Uile in die wapad
Tydens ’n fietstoer word die Uile in hul teenspoed deur ’n oënskynlik vriendelike vragmotorbestuurder bygestaan, maar is hy werklik hul vriend? Deur Cor Dirks.
Die Uile in die stad
Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland die Uile in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. Deur Cor Dirks.
Die Uile en ‘n tier
Wanneer ’n groot sirkustier ontsnap, is dit die begin aksie. Die Uile soek geitjies, maar loop hulle vas in iets groter en gevaarliker. Deur Cor Dirks.
Die Uile in die wildtuin
Die Uile kom op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns. Deur Cor Dirks.
Die Uile in die Kalahari
Die Uile se jagvakansie in die Kalahari draai anders uit as verwag. Daar is gevaarlike diere, ’n geheimsinnige woestynman en ’n ontvoering. Deur Cor Dirks.
Die Uile in die verlore stad
In die Kalahari soek die Uile na die skatte van ’n geheimsinnige verlore skat. Hulle is egter nie die enigstes met hul oog op die buit nie. Deur Cor Dirks.
Die Uile langs die Limpopo
Die bosveld lang die Limpopo is die ideale plek vir ’n smokkelbende se bedrywighede, totdat hul paaie met dié van die Uile kruis. Deur Cor Dirks.
Die Uile by die see
Tydens hul vakansie by die see sien die bende hoe honderde duisende rande se diamante na ’n boot gesmokkel word. Hulle kan dit nie net los nie. Deur Cor Dirks.
Breuk onder die Uile
Een van die Uile breek weg en raak vriende met Ernest Fouché, die rebel. Sal die breuk weer herstel kan word? Deur Cor Dirks
Die uile en die rampokkers
Die uile se gunstelingonderwyser, mnr. Scholtz, verdwyn een nag spoorloos. Die Genootskap van die Groot Uil word weer byeengeroep. Deur Cor Dirks
Narnia – Die vaart van die dagbreker
Edmund, Lucy en hul nefie, Eustice Scrubb, vaar saam met Prins Kaspian na die Eensame eilande op soek na die sewe Lords van Narnia. Deur CS Lewis.
Narnia – Die silwer stoel
Jill Pole en Eustace Scrubbe beland in Narnia. Aslan gee aan hulle vier tekens en ’n opdrag. Deur CS Lewis.
Narnia – Die laaste geveg
Jill en Eustace keer terug na Narnia waar Warboel die donkie homself as Aslan vermom. Chaos dreig en oorlog is onafwendbaar. Deur CS Lewis.
Narnia – Prins Kaspian
Die sibbe, Edmund, Peter, Susan en Lucy, bevind hulle weer in Narnia. Iets is egter nie pluis nie. Burgeroorlog is besig om die land te verwoes. Deur CS Lewis.
