Die uile en die rampokkers

Die uile en die rampokkers
R180

Die uile se gunstelingonderwyser, mnr. Scholtz, verdwyn een nag spoorloos. Die Genootskap van die Groot Uil word weer byeengeroep. Deur Cor Dirks

Uit voorraad uit

SKU: UIL02
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Die Genootskap van die Groot Uil het nou ’n geruime tyd nie ’n sitting gehou nie … Die avonture wat vyf vriende van Kranskop in hulle graad 9-jaar ervaar het, begin net-net lyk na kinderspeletjies van die verlede toe ’n reeks geheimsinnige gebeure hulle ’n jaar later dwing om weer die Genootskap van die Groot Uil byeen te roep. Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie – oftewel die Uile – moet behoorlik kopkrap toe mnr. Scholtz, die seuns se gunstelingonderwyser, een nag spoorloos verdwyn. Boonop raak vragmotors vol gesteelde klere soos groot spelde weg uit die stad, en ’n nuwe leerder in Kranskopskool, Hans Ras, soek skoor met Philip, die leier van die Uile. Kan al hierdie dinge met mekaar verband hou, en sal die Uile die raaisel kan oplos … selfs al begin dinge gevaarlik raak?

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan