- Beskrywing
- Resensies (1)
- Amazon E-boek
Beskrywing
Die erediens is ’n vergadering tussen God en sy gemeente. Hy roep hulle byeen om hulle te onderrig, te vertroos, te vermaan en te bemoedig. Hy praat deur sy Woord en Gees en die gemeente antwoord met sang, aanbidding, belydenis, nadenke en vernuwing. Die leespreek is ’n instrument wat God in kerkrade se hande gee om hul opdrag met betrekking tot die erediens, getrou te vervul. ’n Preek wat deur ’n voorganger voorgelees word, is nie minder Woord van God as wanneer ’n predikant dit sou bring nie. Nooit mag die krag van God se Gees deur ons voorbehoude en besware aan bande gelê word nie. As gemeente van Christus moet ons onthou: God praat met ons deur sy Woord; dit is nie ’n mens se boodskap nie. As voorgangers moet ons onthou: Ons is net instrumente in God se hand; ons is aan Hom verantwoordelik vir elke woord wat ons sê.
1 review for Geanker in die Oorwinnaar
Amazon E-boek
Amazon skakel: https://amzn.to/49nIBbS





















My indruk van Izak Brink se preekbundel: “Geanker in die Oorwinnaar” – Dis Skriftuurlik gefundeer en toepaslik in doodgewone keurige Afrikaans geformuleer en uitgespel sodat selfs ‘n “gewone” manslidmaat of ouderling wat as voorleser diens doen, dit met die grootste gemak kan hanteer en uitvoer selfs sonder ‘n leesbril of om oor sy woorde te struikel! Hiertoe dra die puik en onverbeterlike taalversorging deur Charlotte Moller en die netjiese setwerk deur Rikus Grobler uiteraard baie by.