Met ‘n huppeldans langs ‘n klaagmuur

Met ‘n huppeldans langs ‘n klaagmuur
R100

Dawid, ‘n begaafde leier en “man na God se hart”, het foute gemaak, maar God se herhalende genade en liefde het sy lewe en heilshistoriese rol bepaal. Geskryf deur GJ Hugo.

In stock (can be backordered)

Met 'n huppeldans...

Loading...

SKU: HUP01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Koning Dawid se geskiedenis is een van baie skakels in die heilshistoriese ketting van God se genadige bemoeienis met sondaars. In die ontplooiing van sy raadsplan gebruik God ook die lompe gehoorsaamheid van hierdie oorgegewe kind van Hom. Dawid was imponerend in voorkoms, begaafd as skrywer en musikant, en ’n dapper vegter. Hy was ’n organiseerder en leier by uitnemendheid, ’n skerp denker en uitstaande staatsman. Dawid het ’n passievolle liefde vir God gehad. En God het hóm liefgehad. Tog was sy lewe deurtrek van moeite en verdriet. Die hartseer, smarte, selfverwyt en skuldbesef het telkens sy lewensgeskiedenis oorskadu, want Dawid was ook maar net ’n mens. Die “man na Gods hart” het baiekeer smartlik gesondig. Die geheim van Dawid se lewe? Die matelose herhaling van God se genade wat hom telkens omvou het wanneer die afgrond van verdoemenis hom gapend wou verslind. Sy lewensgeheim was God se liefde! Met Dawid val die heilshistoriese lyne in plek.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0DTKN2FYZ