Die begin van ‘n avontuur – Hudson Taylor
Die lewensverhaal van Hudson Taylor en sy ontberings as sendeling in China. Deur Catherine Mackenzie
Die reis van ‘n pelgrim – John Bunyan
Die lewensverhaal van John Bunyan, skrywer van The Pilgrim’s Progress. Deur Brian H Cosby.
Skoene vir jou – met liefde
Die merkwaardige lewensverhaal van Paul Brand se baanbrekerswerk onder melaatses in Indië gedoen en ty verkondiging van die evangelie. Deur Lucille Travis.
‘n Stem soos ‘n basuin
Die lewensverhaal van die beroemde Engelse prediker, George Whitefield wat gedurende sy lewe meer as 18 000 preke gelewer het. Deur Lucille Travis.
Redding van die suidsee eilande
Die verhaal van die Skotse sendeling, John Paton en sy sendingwerk in die Suidsee-eilande. Deur Kay Welsh.
Die prins van die predikers – Charles Spurgeon
Die lewensverhaal van Engelse prediker, Charles Spurgeon, een van die mees gevierde predikers van alle tye. Deur Christian Timothy George.
Die prediker wat versot was op spinnekoppe
Die lewensverhaal van die Amerikaanse Puritein, Jonathan Edwards wat God oral in die skepping raakgesien het. Deur Christian Timothy George.
Die oorlosiemaker se dogter
’n Verhaal van God se liefdevolle versorging te midde van uiterste lyding in ’n Nazi-konsentrasiekamp. Deur Corrie ten Boom.
Gevaar in die strate van goud
Die verhaal van Adoniram Judson, Amerika se eerste oorsese sendeling. Dit vertel van sy ambisie en bekering en uiteindelike sending na Birma. Deur Irene Howat.
Die man wat nie gestuit kon word nie
Die ware verhaal van John Welch, ’n avontuurlustige Skotse prediker wat nie gestuit het vir die Konings van Engeland of Frankryk nie. Deur Ethel Barret.
