Skooltassie-projek kinderboeke

Kinderboeke weer deel van die Skooltassie-projek

Lig in Duisternis Uitgewers is dankbaar om deel te kan wees van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek. Hierdie projek voorsien sedert 2007 landswyd goed toegeruste skooltassies aan behoeftige graad 1-leerlinge. Die projek help nie net kinders nie, maar bevorder ook gemeenskapsbetrokkenheid.

Deur die ruim bydrae van ’n goedhartige donateur kon Lig in Duisternis Uitgewers 2 000 eksemplare van Die wit rokkie deur Annamarie du Toit skenk. Die verhaal beeld die kern van die evangelieboodskap uit en help kinders om Christus se plaasbekledende offer te verstaan. “Ons glo dat boeke nie net kennis bring nie, maar ook hoop. Vanjaar kry 2 000 kinders wat ’n skooltassie ontvang, ook ’n boodskap van geloof en hoop,” aldus ds. Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers.

Elke tassie het ook ’n skêr, ’n liniaal, gom, uitdraaikryte, HB- en kleurpotlode en ’n pennesakkie. 

Lig in Duisternis Uitgewers bly getrou aan sy visie om publikasies uit te gee wat sy lesers se geloofsgroei ondersteun om die waarheid van God se Woord beter te verstaan sodat hulle dit prakties kan uitleef. 

Instansies en organiasies word aangemoedig om ook by die projek betrokke te raak. Besoek gerus Solidariteit Helpende Hand se webblad indien u ’n bydrae tot die Skooltassie-projek wil maak. Lig in Duisternis Uitgewers se webblad kan hier besoek word. 

Skooltassie-projek kinderboeke

Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, oorhandig die eksemplare aan Solidariteit Helpende Hand.

Ontdek ons boekwinkel vol Afrikaanse Christelike boekeBybelmedia en Bybelstudie materiaal. Volg ons op Facebook, sluit aan by ons WhatsApp-groep of teken in vir ons nuusbrief vir nuwe publikasies.