Lig in Duisternis Uitgewers – Sondaars in die hand van ʼn toornige God nou ook as e-boek beskikbaar

Lig in Duisternis Uitgewers – Sondaars in die hand van ʼn toornige God nou ook as e-boek beskikbaar

 

Sondaars in die hand van ʼn toornige God is vroeër die maand deur Lig in Duisternis Uitgewers uitgegee. Dit is ’n vertaling van Jonathan Edwards se beroemde preek, Sinners in the hands of an angry God, soos vertaal deur dominee Schalk Strauss, en is nou ook as e-boek beskikbaar.

Jonathan Edwards het hierdie preek, wat handel oor die gevaar waarin onbekeerdes hulle bevind, op 8 Julie 1741 gepreek. Die boek vorm deel van die teologiese skatkis wat in die Puriteinse tradisie vir ons nagelaat is. Dit bevat biografiese inligting oor Jonathan Edwards, asook ’n kort historiese agtergrond oor die preek self.

Dominee Schalk Strauss het hierdie preek in Afrikaans vertaal sodat die boodskap nóg meer mense kan bereik. Hy sê dat waar soveel dinge rondom ons verwêrelds en in goddeloosheid verval, hierdie preek juis lewensnoodsaaklik is. “Mag die Here hierdie boodskap opnuut gebruik om herlewing onder Afrikaanssprekendes te bewerk, sodat elkeen wat nog slaap, uit die dood sal ontwaak sodat Christus oor hulle kan skyn, soos ons dit in Efésiërs 5:14 lees. Mag dit ons aanmoedig om hierdie genadetyd te gebruik om God te soek, want vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God – Hebreërs 10:31.”

Skaf gerus die e-boek aan. Beskikbaar by Amazon.com.

 

Uitgereik deur: Lig in Duisternis Uitgewers

Datum: April 2022