Lig in Duisternis Uitgewers kondig met groot vreugde die publikasie van die tweede boek in die gewilde Apie-reeks aan. Die apie wat nie groente wou eet nie, geskryf deur Marjan van de Kamp met illustrasies deur Suzanne Coetzer, is nou beskikbaar.
Vir klein Apie is om groente te eet die verkeerdste ding om te doen. Pampoensop, wortels, spinasie en bossierige broccoli-schmoccoli? Nee, dankie! Totdat ān ATIESJOE! haar plat op die rug het en ān KAPLAKS! haar in die hospitaal laat beland. Dan eers besef sy dat vitamien-soldaatjies nie sonder groente kan baklei nie.
Die publikasie sluit aan by die eerste titel in die reeks, Die apie wat nie wou stilsit nie, en sal weer by jong lesers sowel as ouers ān snaar aanraak.
Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, sĆŖ: āMarjan van de Kamp het weer ān storie geskryf wat kinders laat lag en ouers laat asemhaal. Die Apie-reeks bewys dat ān goeie storie ān kind eerder laat nadink as enige preek aan die etenstafel.ā
Die apie wat nie groente wou eet nie is beskikbaar teen R150 by Lig in Duisternis Uitgewers se boekwinkel by Makoustraat 516, Pretoria en op hul webblad.
