- Beskrywing
Beskrywing
Amazon skakel: https://amzn.to/3CgNRjx Die boek Openbaring laat mense gewoonlik regop sit. Baie vind dit totaal onverstaanbaar, terwyl ander weer voorspellings daarin sien wat in hulle tyd besig is om waar te word. Talle boeke is al oor hierdie Bybelboek geskryf, Bybelstudies daaroor gedoen en preke daaroor gelewer. Heelwat van die boeke, studies en preke is moeilik verteerbaar, terwyl ander weer nie reg aan die boek laat geskied nie. Hierdie publikasie is ‘n poging om die boek Openbaring vanuit ‘n openbaringshistoriese perspektief te verklaar. Volgens die benadering het ons in die Bybel met die progressiewe of ontvouende openbaring van God te doen. Dit het sy beginpunt in die skepping, sy hoogtepunt in Christus en sy eindpunt in die wederkoms en nuwe skepping. Dit sien Genesis (skepping) en Openbaring (nuwe skepping) as die twee boeke wat die ander Bybelboeke omsluit en die openbaringsgeskiedenis begin en afsluit.



















