Idiomepret, ‘n bordspeletjie wat deur Podiumpret ontwikkel is, het onlangs by Lig in Duisternis Uitgewers die lig gesien. Jy kan jou eie Idiomepret wen deur aan die kompetisie deel te neem. Skryf ‘n opstel van 150 woorde waarin jy soveel moontlik idiome gebruik. Die wenner ontvang ook ‘n Met een voet in die Bybel, ‘n boek oor idiome en spreekwoorde in die Bybel.
Sluitingsdatum: 11 November 2022
