Is jy tien en jonger? Vier Vrydag 31 Maart se Nasionale Vetkrytdag deur die hoofkarakter van Lig in Duisternis Uitgewers (LIDU) se jongste publikasie, Die avonture van Appelkie die muis, met vetkryt te teken.
Appelkie die muis is ’n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper, soms bang en soms selfs ’n bietjie stout kan wees. Hy is altyd baie lief vir die Here en volg die verhaal van God dwarsdeur die Bybel. Die avonture van Appelkie die muis volg die goue draad van God se genade van die Bybelse tyd tot vandag toe.
Die eerste uitgawe fokus spesifiek op die boek Génesis. ’n Voorlesing van hierdie kinderboek is beskikbaar om as inspirasie te dien. Kinders kan heerlik luister terwyl ds. Jannie Bisschoff, die skrywer, die storie voorlees.
Die avonture van Appelkie die muis kan op LIDU se webwerf teen R170 gekoop word. Besoek gerus www.liginduisternis.co.za om te sien hoe hierdie besonderse muisie lyk en loer sommer ook na die vele ander boeke wat LIDU uitgee.
Inskrywings kan aan publikasies@liginduisternis.co.za gestuur word en die titel “Appelkie die muis” moet onderaan die prentjie, wat met vetkryt geteken is, staan. Die sluitingsdatum van die kompetisie is Vrydag 14 April. Drie wenners, wat op LIDU se Facebook-blad aangekondig sal word, sal elkeen ’n lekkerkryleesboek met die komplimente van LIDU kry.
