Die vryheidsvegter
William Wilberforce het vir vyf en veertig jaar geveg om ’n einde aan slawehandel te maak. Deur Derick Bingham.
Die wedloop voltooi
Eric Liddell se lewensverhaal sluit meer in as sy weiering om op ’n Sondag aan die Olimpiese 100 m finaal deel te neem. Deur John Keddie.
‘n Vlam in die hare en ‘n vlam in die hart
Mary Slessor se hart vir Christus was net so brandend as haar vlamrooi hare. Met groot ywer het sy die evangelie in Calabar verkondig. Deur Catherine MacKenzie.
Van Wallis tot Westminister
Van mediese dokter tot vurige prediker en verkondiger van die gereformeerde leer. Die lewe van Martyn Lloyd-Jones. Deur Christopher Catherwood.
Tien seuns wat met hulle talente gewoeker het
Kort sketse oor die lewens van tien seuns wat ’n verskil in die wêreld gemaak het: Paul Brand, CS Lewis, CT Studd, JS Bach … Deur Irene Howat.
Tien seuns wat ‘n verskil gemaak het
Tien seuns uit die kerkgeskiedenis en kerkhervorming wat ’n verskil in die wêreld gemaak het. Augustinus, Luther, Knox, Calvyn, Tyndale ens. Deur Irene Howat.
Tien seuns wat die wêreld verander het
Kort sketse oor die lewens van tien seuns wat as volwassenes die wêreld sou verander: Eric Liddle, William Tyndale, John Newton en meer. Deur Irene Howat
Geen berg te hoog
Die aangrypende lewensverhaal van Gladys Aylward wat beide spioen en sendeling in China was. Deur Myrna R Grant.
Kaptein van ‘n slaweskip word ‘n kampvegter teen slawehandel
Die lewensverhaal van John Newton wat eers slawehandelaar was, maar toe ’n kampvegter geword het vir die beëindiging van slawehandel. Deur Irene Howat.
Die kinders se held
Die verhaal van George Müller wat Christus deur sy welsynswerk onder die weeskinders van Bristol uitgeleef het. Deur Irene Howat.
