- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Die Here het hierdie tien seuns verander sodat hulle mense en die kerk kon verander. Augustinus van Hippo het die liefde van God ontdek en ’n verskil gemaak in hoe ons daaroor dink; John Knox het op die Woord van God gefokus en aan sy land die waarheid vertel; Martin Luther het God se waarheid herontdek en dit aan die gewone mense gegee; Johannes Calvyn het besef dat verlossing ’n gawe van God is, en nie ’n beloning vir wat mense gedoen het nie; William Tyndale wou die Bybel druk in ’n taal wat almal kon verstaan; Hugh Latimer het mense aangemoedig om self die Bybel te lees en op dié manier baie vyande gemaak; Johannes Hus het verkondig dat God die kerk en die wêreld regeer; Ulrich Zwingli het mense uitgedaag om die Here te gehoorsaam op elke terrein van hul lewens; Thomas Chalmers het die kerk opgeroep om die Here se medelye met armes uit te leef; lord Shaftesbury het by die kerk aangedring om die Here Jesus se liefde vir alle mense ‘n werklikheid te maak.



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.