- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
As ’n jong seuntjie het Eric Liddell in die eksotiese klimaat van China grootgeword. Sy ouers het as sendelinge daar gewerk en die goeie nuus van Jesus verkondig. Vandaar is Eric kosskool toe in Engeland, by Edinburgh Universiteit studeer en uiteindelik aan die Paryse Olimpiese Spele deelgeneem. Saam met roem het die stryd gekom om as Christen uit te staan. Eric se geloof dat die dag van die Here ’n dag vir aanbidding is, is uitgedaag toe die 100 m-wedloop vir ’n Sondag geskeduleer is. Eric se vaste standpunt en sy pragvertoning in die 400 m het hom ’n held en ’n rolmodel vir talle jongmanne en -vroue gemaak. Maar sy lewe was baie meer as om net deur ’n lint by die wenpaal te breek – sy hele lewe was ’n wedloop vir die Here. Hierdie wedloop het hom teruggeneem China toe, die land waar hy gebore is, maar waar hy ook sy lewe in ’n krygsgevangenekamp afgelê het. Die man wat liefdevol as die “Vlieënde Skot” bekend was, is uiteindelik duisende kilometer van sy tuisland en sy atletiese prestasies af oorlede.



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.