- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
“Hy is hier verby, in die rigting van die klofie.” Jean de Moreaux tik Rower teen die sy. Die perd spring teen die helling uit. Hy koers reg op ’n kol af waar daar ’n opening tussen die fakkels is. ’n Oomblik later is hy tussen die soldate se linie deur, maar noodgedwonge moes hy vir ’n paar oomblikke lank binne die ligkring van die fakkels beweeg. “Daar hardloop iets tussen die bome!” skreeu ’n soldaat skielik vreesbevange reg bokant hom. “Jy’s laf, man. Ek kon niks sien nie,” antwoord ’n ander. Die Buiter draai links en ’n paar treë verder bring hy die hings tot stilstand. Iewers voor hom, nie te ver nie, behoort Herman Gouwer te skuil, indien hy nie reeds aan sy wond beswyk het nie. Sy wakker oë probeer deur die donkerte sien. Sy ore is gespits en hy probeer die geluide tussen die bome onderskei. Links van hom is daar uitroepe en hy hoor die swaar knarsende voetstappe van die soldate op die klipperige grond. Bokant hom is die suising van die sagte aandwind. Tussen die blare, vlak voor hom, hoor hy meteens die geritsel van ’n droë takkie en die hygende asemhaling van iets of iemand wat vorentoe strompel. Amazon skakel: https://amzn.to/3IRsMiC












![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)







Resensies
Daar is nog geen resensies nie.