Die avonture van ApPelKie die muis: Boek 1 (Génesis)

Die avonture van ApPelKie die muis: Boek 1 (Génesis)
R170

In stock (can be backordered)

Die avonture van ...

Loading...

SKU: AVO04
Deel:
  • Beskrywing
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Appelkie die muis is ‘n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper en soms bang en selfs ‘n bietjie stout kan wees. Hy is altyd baie lief vir die Here en volg die storie van God dwarsdeur die Bybel. Hy word egter nie duisende jare oud nie, maar in die opeenvolgende muisgeslagte is daar telkens ‘n Appelkie wat saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here beleef en daaruit leer wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag. Die avonture van ApPelKie die muis poog om die goue draad van God se genade deur die Bybelse geskiedenis na te speur. Hierdie boekie wat jy tans in die hand het, wil kinders (en sommer ook hulle ouers en grootouers) help om daardie goue draad getrou deur die boek Génesis te volg. Mag elkeen wat hierdie verhale lees en hoor, geestelik verryk word, maar die belangrikste van alles: Mag God se Naam groot gemaak word wanneer elkeen besef dat die goue draad van God se genade ononderbroke vanuit die Bybelse geskiedenis tot in ons eie lewens loop.

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0BX4C4ZV4