- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
“’n Paar oomblikke later bars die eerste geweerskote los. Die klompie wagte voor die poort beweeg in daardie rigting, maar dan roep een uit dat hulle nie hul poste mag verlaat nie. Hulle keer weer terug. Kort ná die eerste geweerskote bars ’n groot kabaal aan die binnekant van die Kasteel los. Mense en soldate skreeu vir mekaar en dan weerklink voetstappe van manne wat vinnig deur die poort naderkom. Dit is Grattan wat te voorskyn kom, met Krause kort op sy hakke. Hy kyk in die rigting van die waens en roep dan na ’n klomp van die binneste wagte om hulle te volg. Grattan draai hom om en skree oor sy skouer. “Julle wagte hier voor, as enige van die inwoners van die Kasteel wil uitkom, keer hulle, want dit mag gevaarlik word hier buite!” Dan hardloop hulle vorentoe om die posisie by die waens waar te neem. Jean draai hom na Jacques en fluister sag. Hierdie D’Southy lyk nie te onnosel nie,” sê hy, “maar die arme man sal vanaand nog heelwat lesse moet leer. Ons moet nou net wag tot die klompie van die binnekant af probeer uitbreek buitentoe en ons dan by hulle aansluit.” Amazon skakel: https://amzn.to/3E8CkT6?











![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)








Resensies
Daar is nog geen resensies nie.