Lafras Cuyper in Venesië

Lafras Cuyper in Venesië
R180

Lafras Cuyper word aangeval in die stegies van Venisië. Tog vind hy liefde in die stad. Sal hy daarheen kan terugkeer? Deur Karl Kielblock.

In stock (can be backordered)

SKU: LAF06
Deel:
  • Beskrywing

Beskrywing

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in dié reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! ‘n Besoek aan Venesië – dit is ‘n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Dié droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesië verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy móét haar weer sien. Hy móét weer terugkeer na Venesië … en sy aanvallers.