Lokval vir die Buiter (boek 4)

Lokval vir die Buiter (boek 4)
R175
R120

Die Buiter pluk sy mes uit en druk dit tussen die twee luike in. Hulle pas gelukkig nie dig op mekaar nie.

In stock (can be backordered)

SKU: LOK01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Die Buiter pluk sy mes uit en druk dit tussen die twee luike in. Hulle pas gelukkig nie dig op mekaar nie. Hy skuif die mes versigtig op totdat dit teen die grendel vashaak. Stadig probeer hy dit met die kant van die mes terugskuif. Met ‘n sug van verligting besef hy dat die grendel meegee. Eindelik is daar ‘n klikgeluid en voel hy dat die luike los is. Agter hulle is die voetstappe van die twee roetinewagte. Jacques tik Jean op sy skouer om hom te waarsku. ‘n Oomblik kyk die Buiter na die twee luike. Dit kom hom voor asof die geringste beweging hulle buitekant toe sal laat oopval. Hy besef egter dat as hy hier moet staan en hulle vashou, hy moontlik gesien kan word. Hulle spring om die hoek en wag gespanne. Die wagte kom doodluiters nadergestap, op pad na die trap wat hulle tot bo-op die vleuelpunt sal voer. Die voorste een het reeds sy voet op die onderste treetjie toe die een luik ‘n paar duim buitentoe swaai. Dit maak ‘n kraakgeluid en op Jean se skerp ore het dit dieselfde indruk as wat ‘n ontploffing sou meebring. Amazon skakel: https://amzn.to/3ZfA1qP

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan