Narnia – Die perd en sy seun

Narnia - Die perd en sy seun
R190

Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en verlig. Hy vertrek op ’n uitdagende reis na Narnia. Deur CS Lewis.

In stock (can be backordered)

SKU: NAR03
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs ‘n bietjie verlig. Hy’t in elk geval nog nooit soos ‘n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur ‘n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoe berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging lê nog voor hom: ‘As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan