Narnia – Die vaart van die dagbreker

Narnia - Die vaart van die dagbreker
R190

Edmund, Lucy en hul nefie, Eustice Scrubb, vaar saam met Prins Kaspian na die Eensame eilande op soek na die sewe Lords van Narnia. Deur CS Lewis.

In stock (can be backordered)

SKU: NAR05
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

In Die vaart van die Dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die Dagbreker – die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die Eensame Eilande, op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op dié gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings, maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wêreld te seil, bly groter as enige vrees vir die onbekende. Alhoewel die eerste vier boeke in die wêreldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die Dagbreker ‘n eerste: dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan