- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik ‘n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en ‘n minuut later Susan en Peter ook. In ‘n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in ‘n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeër hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majestueuse kasteel is ‘n ruïne en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer ‘n vrolike en vry land te maak.










![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)








Resensies
Daar is nog geen resensies nie.