Uile van Kranskop

Uile van Kranskop
R180

Die bende bekend as Die Uile word gestig. Saam pak hulle vele avonture aan, vang diewe en laat boelies les opsê. Deur Cor Dirks.

Uit voorraad uit

SKU: UIL01
Deel:
  • Beskrywing

Beskrywing

Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE.” Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9’s Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op ’n sekere tyd op ’n sekere plek te wees. Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende – wat voortaan as Die Uile bekend sal staan – bymekaargeroep het vir die begin van ’n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê … Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?