Maatjies van Meraai
Hansie gaan skool toe, Lea se kat en Jesse se present, is drie kostelike verhaaltjies wat aan die kleuter voorgelees kan word. Deur Anita M le Grange.
Dwergieman
Dwergieman moet medisyne uit die helende bos op Dwergeberg vir Mossie gaan pluk. Deur Anita M le Grange.
Bekkie begeer al weer / Millie se ontdekking
Twee stories in een. Bekkie begeer rolskaatse en Millie wil ’n vriendskapsklub op haar ma se rekenaar begin. Deur Moryn Hanzen.
Asterix die gladiator
Asterix en Obelix word gladiators om Liederlix, die dorpsanger, van leeus te red.
Die vermaaklike lewe van Tyl Uilspieël
Tyl Uilspieël se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeërs. Kinders sal dol wees oor sy avonture, flaters en foppery.
Soektog in Katoren
Koss, die sestienjarige bokwagter, ontdek die wêreld van geld, reëls en skynheiligheid. Sy protes daarteen laat hom in die moeilikheid beland. Deur Jan Terlouw.
Koning van Katoren
Katoren kort ’n troonopvolger. Die 17-jarige Stach moet ’n reeks take verrig, selfs drake aandurf, in ’n poging om koning te word. Deur Jan Terlouw.
Dapper kinders van Suid-Afrika
Die versameling van 36 heldeverhale gee ’n blik op die heldemoed wat Suid-Afrikaanse kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het. Deur DJ Kotze.
Na die duisternis – Lig – Johannes Calvyn
Johannes Calvyn, die groot Hervormer, se lewensreis van die donker dieptes van valse leringe tot die lig van die evangelie. Deur Catherine Mackenzie.
