Dinamiese Afrikaans

Dinamiese Afrikaans
R585

Taalhandboek vir Afrikaansonderrig in die Intermediêre Fase vanuit ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing.

Bladsye: 483

In voorraad

Dinamiese Afrikaans

Loading...

SKU: DIN001
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Afrikaansonderrig in die Intermediêre Fase vereis meer as kennis van taalreëls. Die onderwyser moet taalonderrig kan beplan en assesseer, taalvaardighede met mekaar verbind, taalkundige kennis in die klaskamer toepas en tekste doelgerig gebruik. Hierdie verantwoordelikhede word in Dinamiese Afrikaans vanuit ’n Christelike lewens- en wêreldbeskouing benader.

Die handboek behandel taalkunde, taalonderrig, letterkunde, assessering en pedagogiek as onderling verbonde kennisgebiede. Die inhoud berus op tersaaklike navorsing en beproefde onderrigpraktyke, terwyl praktiese voorbeelde, onderrigstrategieë en assesseringsriglyne wys hoe die teorie in die klaskamer toegepas kan word. Onderwerpe soos luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, spelling, grammatika, letterkunde, assessering en die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in die taalklaskamer kom aan die orde.

Dinamiese Afrikaans bied aan onderwysstudente, dosente en onderwysers die vakkennis en metodiese riglyne wat hulle nodig het om Afrikaans doelgerig te onderrig.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0HJ8L33C1