Die wedloop voltooi

Die wedloop voltooi
R95

Eric Liddell se lewensverhaal sluit meer in as sy weiering om op ’n Sondag aan die Olimpiese 100 m finaal deel te neem. Deur John Keddie.

In stock (can be backordered)

SKU: WED01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

As ’n klein seuntjie het Eric Liddell in die eksotiese klimaat van China grootgeword. Sy ouers het as sendelinge daar gewerk en die goeie nuus van Jesus verkondig. Vandaar is Eric kosskool toe in Engeland, het by Edinburgh Universiteit gestudeer en het hy uiteindelik aan die Paryse Olimpiese Spele deelgeneem. Saam met roem het die stryd gekom om as Christen uit te staan. Eric se geloof dat die dag van die Here ’n dag vir aanbidding is, is uitgedaag toe die 100 meter wedloop vir ’n Sondag geskeduleer is. Eric se vaste standpunt en sy pragvertoning in die 400 meter, het hom ’n held en ’n rolmodel vir talle jong manne en vroue gemaak. Maar sy lewe was baie meer as net om deur ’n lint by die wenpaal te breek – sy hele lewe was ’n wedloop vir die Here. Hierdie wedloop het hom teruggeneem China toe. Dit was die land waar hy gebore is, maar waar hy ook sy lewe in ’n Krygsgevangenekamp afgelê het. Die man wat liefdevol as die “Vlieënde Skot” bekend was, is uiteindelik duisende kilometers van sy tuisland en sy atletiese prestasies af oorlede.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan