Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp

Die katte van Kathu
R65

Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp, deur Adriaan Swanepoel, is ’n vrolike kinderboek wat die waarde van deursettingsvermoë, waagmoed en spanwerk uitlig.

In stock (can be backordered)

Die katte van Kat...

Loading...

SKU: KAT01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (1)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

“Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp, deur Adriaan Swanepoel, is ’n vrolike kinderboek wat die waarde van deursettingsvermoë, waagmoed en spanwerk baie mooi na vore bring. Die katte van Kathu is ’n spesiale klomp katte wat nie skroom om ’n nuwe uitdaging aan te pak nie. Hulle kyk die kat eers goed uit die boom toe ’n nuwe kat in die dorp kom bly. Nie lank daarna nie, besluit hulle om saam te werk om die mense te laat besef hoe belangrik die dorpie, Kathu, is. Met die slim spel in die katte se name, leer die kleinspan gou die betekenis van moeiliker, abstrakte woorde. Hulle leer van familiebande en die belangrikheid om ongeag uitdagings, vas te byt en jou droom te verwesenlik.” Rina Noëth (Vakadviseur: BCVO) Onderhoud met die outeur. Boekbekendstelling: “𝘋𝘪𝘦 𝘬𝘢𝘵𝘵𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘒𝘢𝘵𝘩𝘶 𝘴𝘪𝘵 𝘩𝘶𝘭 𝘥𝘰𝘳𝘱 𝘰𝘱𝘱𝘪 𝘮𝘦̂𝘱”. Ds. Schalk Strauss gesels met Adriaan Swanepoel. https://youtu.be/eEG-icP5XeA

1 review for Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp

5,0 Rating
1-1 of 1 review
  1. Die boek, Die Katte van Kathu, noop jou om sodra jy die laaste sin gelees het, te begin mymer oor nog moontlike name waarin –kat- voorkom! Die skrywer maak uitmuntend gebruik van woordspeling (hy verras telkemale met nog ‘n unieke katnaam!) en sluit daarby slim idioomgebruik in wat lesers se taalgebruik sal verryk.

    Die boek is geskik vir voorlees en selflees. Daar is ‘n goeie balans tussen dialoog en beskrywing en die voorleser het, met al die verskillende karakters tot sy beskikking, heerlike geleentheid vir dramatisering.

    Die illustrasies is kleurvol, gedetaileerd en vrolik en ondersteun die storielyn sodat begripvorming aangehelp word. Dit trek nie die aandag weg van die taalinhoud van die teks deur detail in te bring wat nie relevant tot die storielyn is nie. Karakters word goed uitgebeeld en is in lyn met die beskrywing wat in die teks gevind word.

    Die Katte van Kathu moedig lesers aan om nie nuwelinge tot ‘n gemeenskap op hulle baadjie te takseer nie, nuwe dinge te probeer en nie moed op te gee as aanvanklike pogings nie onmiddelike resultate lewer nie.

    Ek sien uit daarna om Die Katte van Kathu sit hulle Dorp oppi Mêp in finale vorm te sien. Dis ‘n boek wat ek met graagte aanbeveel.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0DDQ9S318