Die Tswanas se weldoener

Die Tswanas se weldoener
R95

Die lewensverhaal van Robert Moffat wie se sendinghart brandend was vir die mense van Afrika, in besonder die Tswanas. Deur Irene Howat.

Beskikbaar op terugbestelling

SKU: TSW01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Robert Moffat was ’n helder denker, maar ook vaardig met sy hande. Hy was sterk, prakties van aard en net die regte ou om naby te hê as jy in die moeilikheid was. Daarbenewens was hy dapper en sy hart het gebrand om die nuus van die Here Jesus aan die mense van Afrika te bring. Te midde van die probleme met droogte, wilde diere en selfs die assegaaie van die mense wat hy wou help, het hy sy besondere geaardheid en gawes gebruik om die evangelie te versprei. Met ’n dapper hart was hy ’n baanbreker om ’n werk in Afrika te begin wat vandag nog voortgaan. Hy en sy vrou het die weg gebaan vir David Livingstone om Afrika toe te kom. By vergaderings in Brittanje het hulle hom met die toestande in daardie kontinent bekend gestel. David is later met hulle dogter, Mary, getroud.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan