‘n Vlam in die hare en ‘n vlam in die hart

'n Vlam in die hare en 'n vlam in die hart
R95

Mary Slessor se hart vir Christus was net so brandend as haar vlamrooi hare. Met groot ywer het sy die evangelie in Calabar verkondig. Deur Catherine MacKenzie.

In stock (can be backordered)

SKU: VLA01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Mary Slessor het ’n vurige humeur en vlamrooi hare gehad. Sy het grootgeword in die agterbuurtes van Dundee. Haar pa was ’n alkoholis en haar lewe was een van swaarkry en armoede. Maar die Here het reeds ’n plan gehad vir haar, om die kopbeenjagters van Calabar te bereik. Hulle was uiters bygelowig en het in vuilheid en geweld gelewe. So, sonder dat sy dit besef het, het Mary ’n groot deel van haar lewe deurgebring in die oefenskool vir sending – en dit in die agterbuurtes van Dundee in die 1800’s. Baie sendelinge wat Calabar toe is, het weer teruggekeer huis toe – om nooit weer gesien te word nie. Maar Mary Slessor het ’n weg gebaan na juis daardie stamme, waarheen ander sendelinge gevrees het om te gaan. Sy was dapper, impulsief en het nie teruggedeins om te waag nie, en haar humeur was alombekend. Daar word gesê dat selfs hoofmanne lig geloop het as haar oë geflits het. As jy ooit gewonder het oor wat jy kan doen, lees hierdie boek en besef dit gaan nie oor wat jy kan doen nie, maar oor wat die Here deur jou kan doen … en Hy kan enige iets doen.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan