Skoene vir jou – met liefde

Skoene vir jou - met liefde
R95

Die merkwaardige lewensverhaal van Paul Brand se baanbrekerswerk onder melaatses in Indië gedoen en ty verkondiging van die evangelie. Deur Lucille Travis.

In stock (can be backordered)

SKU: SKO02
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Paul Brand het in die Kolli Malaiberge in Indië grootgeword. Hy het in die takke van bome skoolgegaan en van jaar tot jaar die lewe geniet en kaalvoet geloop. Hy was van plan om Indië nooit te verlaat nie, nooit skoene te dra nie en nooit ’n dokter te word soos sy pa was nie – veral nie vir melaatses nie. Maar dit was nie lank voor hy Engeland toe is om daar skool te gaan nie, van die oggend tot die aand skoene gedra het en alles in sy vermoë gedoen het om nie medies te studeer nie. Jare het verbygegaan, jare van hartseer en uitdagings totdat Paul uitgevind het dat die God wat hy liefgehad en vertrou het, die beste plan vir sy lewe gehad het. Paul is as ’n dokter terug Indië toe, waar daar vir hom pasiënte gewag het – melaatse pasiënte. Van toe af het hy sy lewe daaraan toegewy om vir hulle om te gee, selfs tot by die punt van spesiale skoene vir hulle te maak! Paul Brand se werk het deur die wêreld heen ’n groot invloed uitgeoefen op die genesing en behandeling van melaatsheid. Hierdie lewensvernietigende siekte het onder Paul se liefdevolle belangstelling behandelbaar en hanteerbaar geword. Dit sou nie langer nodig wees dat melaatses uitgeworpenes moes wees nie. Paul se geloof in die Here, sy liefde vir mense en sy mediese vaardighede het vir hulle wat aan melaatsheid gely het nuwe lewe en hoop gebring.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan