- Beskrywing
Beskrywing
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in dié reeks. Die boeke is vol opwinding, spanning en avontuur! Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in ‘n vyandige wêreld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op ‘n dag versteek hy hom op ‘n uitgaande skip en begin onwetend op dié wyse ‘n nuwe lewe – ‘n lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook ‘n lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen die Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter ‘n besonderse gawe: buitengewone gesigsvermoë. En só ‘n man kan besonder nuttig wees by die hantering van ‘n skeepskanon. Lafras beleef in ‘n kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.











![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)







